Wednesday, July 30, 2014

Aunty Stienie

(Photo taken from the web)
Tribute to "Agter elke man" TV Show

Aunty het nooit doodgegaan
Ek swyg, so laat staan, gedane sake is mos gedaan
Lange teuge met stinkende rook besmet
Met die curlers, nie volgens die wet

Hang oor die muur soos n’ vink
Waneer die buurvrou waggelend wink
Leen my tog suiker, bietjie meel
Wil ook in jou lief en leed deel

Rof gesny nooit gepolitoer
Diamante en goud vir ander se halsnoer
Tog meer opreg in alle eerlikheid
eendag Hiernamels , Sy Alomteenwoordigheid

Leen my tog jou suiker
My koffie is te bitter
My lewe leeg met anner se gekletter
Kyk Aunty die rykes word net vetter

Daar wag n’ wit tapyt
Liewe Jesus het plek vir almal, niemand  word weg gesmyt
Verneder, getrap,  verpletter, stukkies geskeur
Net die opregtes van hart was goedgekeur

Nee my Aunty die son het nooit gesak
Jy het net jou koffers vol herinnering gepak
Suiker was al wat ek vra

Stukkies brood om my deur die dag te dra.







No comments:

Post a Comment