Thursday, October 15, 2015

Vir n' pot lensiesop verkoop

In die stofpad het ek lankal al gaan le
Soveel wat ek nog wou doen, wou se
My hart in duisende stukke geskeur
Die wind het die stukke mee gesleur

Waar moet ek wees, wat is die doel
Is dit verkeerd? Alles wat ekke voel
Staan tog op hoor ek
Elke keer se opstaan maak van my n’ groter gek

Begin weer daar is niks wat jou keer
Werk harder gee dit nog n’ kans
Die blare het saam die wind gaan dans

Hoekom, waarom, waneer , waarvoor….
Alles retoriese vrae in die wind verloor
My drome vir n’ pot lensiesop verkoop
Hulle se mos heuning is soeter as stroop

Wind waai my weg, waai my deurmekaar
Ek is moeg, ek is klaar
In die stofpad wil ekke le
Eintlik het ek niks meer om te se

Hulle se mos heuning is soeter as stroop

Nog drome vir n’ pot lensiesop verkoop….

No comments:

Post a Comment