Ek is hier gebore nes jy
maar hier mag ek nie meer bly
soos jy bloed uit n' klip uit tap
my stukkie menswees vertrap
My land huil
haar strate stukkend en vuil
wees, verlate verstrengel
stuur asb vir ons n' engel
Dobberend tussen leuns in n' skommelende see
aan n' beleid van haat vasgesmee
waar is die reenboog waarvan jul praat
ware betekenis verlore nes jou ruggraat
Julle praat van oorloe
sit met my hande in my hare my kop geboe
van al die geveg
is ons harte, ons menswees, ons bestaan weg
Laat die son weer oor almal skyn
laat jou wrokke tog net verdwyn
laat n' wag jou tong keer
jou haatspraak maak ons land onherstelbaar seer
Die land is ook my land
ek is hier gebore
nes n' boom hier geplant
my Afrkaner hart se fakkel sal altyd bly brand
vir my mense, vir my Land.
No comments:
Post a Comment