Tuesday, October 13, 2015

Sing Bok, sing

Ag ou Bok sing net nog n’ keer
Jou lirieke n’ lawenis vir die seer
Se vir my ons gaan dit maak
Stryk tog net n’ hartsnaar raak

Ag Bok is jy nog een wat kan glo?
Waarom sukkel ons dan so
Praat ons nog dieselfde taal
Ons harte is dan van yster so hard soos staal

Bok sing vir my jy wil plaas toe gaan
Het die lente blomme vergaan?
Sing vir my, sing vir my
Se dat Minkie hierdie keer gaan bly

Bok ons het die pad verloor
Die land van melk en heuning het ontspoor
Het sy al getrek, jou net hier laat bly?
Maar jou woorde sal maak laat ek ook hier agterbly

Gee my n’ stukkie brood nog hoop
Ons gaat nie ons selwers as slawe verkoop
Sing Afrikaner, sing uit volle bors
Ons mense is honger hulle ly dors

Sing Bok, sing net n’ laaste keer
Jou lirieke lawe die seer
Se ons gaan dit maak

Stryk tog net n’ hartsnaar raak…..

No comments:

Post a Comment